Burgemeester aangekeer

Burgemeester aangekeer DIE burgemeester van Drakenstein, Paarliet Chris Leander, is Saterdagaand in sy eie dorp vir vermeende dronkbestuur aangekeer.

Die verkeersbeampte was na bewering onbewus van die status van die motoris wat hy vir 'n verkeersoortreding gestop het.

Leander was om 21:00 saam met sy vrou, Ivy, met sy private motor in die Bergrivier Boulevard onderweg toe hy voorgekeer is.

Die burgemeester het na bewering oor 'n rooi verkeerslig by die Hospitaalstraat-kruising gery voordat die beampte sy blou lig en sirene gebruik het om die Toyota Conquest oorkant Paarl Medi-Clinic tot stilstand te bring.

Omdat daar vermoed is dat die motorbestuurder na drank geruik het, is hy na die Paarl polisiestasie gebring waar die voorval in die register aangeteken is.

Hy is daarna na die hospitaal geneem waar daar in die teenwoordigheid van 'n dokter bloed getrek is. Leander is dieselfde aand toegelaat om huis toe te gaan.

Die burgemeester is nie formeel aangekla dat hy onder die invloed van drank sy motor bestuur het nie. Dit kan tot tien weke duur vir die ontleding van die bloed by die staatslaboratorium in Kaapstad.

Wanneer die uitslag bekend is sal die dossier vir 'n beslissing oor moontlike optrede aan die senior staatsaanklaer van die Paarlse landdroshof voorgelê word.

Sou die toetse positief wees, met die bloed/alkohol konsentrasie hoër as 0,05, sal die vermeende dronkbestuurder gedagvaar word om in die hof te verskyn.

Die Demokratiese Alliansie het hom tot 'n volledige ondersoek en verslag verbind. Die burgemeester sal met amptelike verlof wees tot verdere kennis 


Bron : Paarl Post
Malané Bosman


Stem of voeg toe aan:
| Meer

Reacties (4)

  Marlene | 30-03-2007 | 11:59 uur Reageer op dit bericht
Nou, nou.
Goh, goh.

Draco dormiens nunquam titillandus

  panniel | 30-03-2007 | 19:56 uur Reageer op dit bericht
Tjonge jonge

  GroteSmurf | 30-03-2007 | 20:20 uur Reageer op dit bericht

Pooh Pooh

  Webmaster | 30-03-2007 | 20:33 uur Reageer op dit bericht
ja ja

Reageer

 
Naam:  
 
 
Je reactie:
 

Smiley lijst
Klik op een smiley om deze in te voegen in je bericht.
:neutral: :smile: :cry: pirate :depressed :sad: huh?? xd tear :eek: :p :glasses:
:cool: :laugh: :evil: :embarrass :disappoin :wink: :razz: :rolleyes: :twisted: :mrgreen: :redface: :question:
xd :ack: :?: :ermm: :devious: :knockedou :pukey: :bored: :bandit: :kwijl: :arrow: :alien:
:angry: :tired: :angryfire :sleep: :hurt: :lol: :grin: :lick: :exclaim: :ohyeah: :idea: :biggrin:
:chinese:
 
 
Welke dag is het vandaag?
 Even geduld aub...
Vanwege spam is deze controle helaas nodig.
Als je lid wordt van BikeNet.nl kan je direct je bericht plaatsen.
Bovendien houden we je dan op de hoogte van nieuws en andere ontwikkelingen op motorgebied.

Zoeken

 
 

Dealer-acties

Evenementen

Motorverhuur

Toertochten

Motorvideo's